Cibao Internasionale Lughawe

Cibao Internasionale Lughawe
Aeropuerto Internacional del Cibao
IATA: STIICAO: MDST
Opsomming
Tipe lughawe Privaat
Eienaar/Operateur Aeropuerto Internacional del Cibao S.A.
Bedien Santiago de los Caballeros
Ligging Licey in Santiago Provinsie, Dominikaanse Republiek
Hoogte bo seevlak 565 vt / 172 m
Koördinate 19°24′22″N 070°36′17″W / 19.40611°N 70.60472°W / 19.40611; -70.60472
Webtuiste Aeropuerto Cibao
Landkaart
MDST is in the Dominican Republic
MDST
MDST

Ligging van die lughawe in die Dominikaanse Republiek

Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
11/29 8 595 2 620 Beton/asfalt
Helikopterblaaie
Aantal Lengte Oppervlak
vt m
H1 60 16 Asfalt
Statistieke (2021)
Total Passasiers 1 919 254
Lugbewegings 9 225
Vliegtuigtuiste 14
Bron: Cargo Terminal Info

Cibao Internasionale Lughawe (IATA: STI, ICAO: MDST), (ook bekend as Santiago Lughawe), is geleë te Santiago de los Caballeros, Dominikaanse Republiek se tweede grootste stad. Dit is die land se derde besigste lughawe volgens passasiersverkeer en vliegtuigbewegings, na Punta Cana Internasionale Lughawe en Las Américas Internasionale Lughawe.

Reeds sedert sy inwyding is verwag dat Cibao Internasionaal een van die besigste lughawens in die land sou word. Tans is dit die derde besigste lughawe in die Dominikaanse Republiek, naas die lughawens van Punta Cana en Santo Domingo. Die lughawe het in 2021 meer as 1 900 000 passasiers bedien.

Die lughawe is 15 km suidoos van Santiagostad se sentrum.

Die lugterminaal bedien hoofsaaklik Dominikaners wat in die Verenigde State, die Turks- en Caicoseilande en Puerto Rico woon, sowel as Haïtiane wat in die Cibao-streek woon. Onlangs gebruik baie toeriste en sendingwerkers Cibao Internasionaal as 'n poort na die Dominikaanse Republiek.

JetBlue is die primêre internasionale operateur, met tot twintig daaglikse vlugte na New York-JFK, Newark en Boston. Die lugredery het vlugte van American Airlines vervang, asook sommige gleuwe van ander lugrederye wat na die Verenigde State van Amerika vlieg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search